Thomas Woodrow Wilson | |
---|---|
28ste President van die Verenigde State | |
Ampstermyn | 4 Maart 1913 – 4 Maart 1921 |
Voorganger | William Howard Taft |
Opvolger | Warren G. Harding |
Geboortedatum | 28 Desember 1856 |
Geboorteplek | Staunton, Virginië |
Sterftedatum | 3 Februarie 1924 |
Sterfteplek | Washington, D.C. |
Eerste Dame | Ellen Axson (1885–1914) Edith Bolling (1915–1924) |
Politieke party | Demokraat |
Visepresident | Thomas R. Marshall (1913–1921) |
Handtekening |
Thomas Woodrow Wilson (28 Desember 1856 – 3 Februarie 1924) was die 28ste President van die Verenigde State (1913–1921). As 'n politikus van die Demokratiese Party was Wilson van 1911 tot 1913 die 34ste goewerneur van New Jersey. As kandidaat vir die Demokratiese Party het Wilson die Amerikaanse presidentsverkiesing van 1912 gewen en die verdeelde Republikeinse Party van die dienende president William Howard Taft en voormalige president Theodore Roosevelt verslaan. In 1919 ontvang Wilson die Nobelprys vir Vrede vir sy toewyding aan wêreldvrede.[1] Woodrow Wilson is in die ouderdom van 67 oorlede na 'n beroerte.